Mokolodi Logo

Mokolodi Natuur Reservaat en Lodge - Gaborone

Lobatse road, Gaborone, Botswana

GPS S24.44.342 E25.48.937

Tel: +27 (0) 21 855 0443
BESPREEK NOU >>

Mokolodi Natuurreservaat en Chalets- Gaborone

Mokolodi Natuur-reservaat bied selfsorg akkommodasie naby Gaborone, in Botswana. Daar is vyf chalets geplaas op 'n pragtige koppie wat oor 'n watergat uitkyk. Gaste by Mokolodi Lodge kan ontsnap van die daaglikse gewoel en net rustig sit en die diere en pragtige natuur kyk.

Daar is n groot verskeidenheid wild insluitende renosters, seekoeie en giraffes om, maar net enkeles te noem.

Die Ligging

Die Mokolodi Natuur Reservaat selfsorg lodge is op die Lobatse pad, 14 km suid van Gaborone in Botswana. Daar is n teerpad tot by die hek, maar die paaie in die park is redelik rof en klipperig. alhoewel mense soms die park met kleiner motots soos VW Polos besoek beveel ons effens hoër voertuie aan.

Selfsorg Chalets

By Mokolodi sal jy nie eers bewus wees van die ander chalets om jou. Elke chalet is tenvolle uitgerus met elektrisiteit, spoel toilette, kookgeriewe en yskas. Die eenhede het grasdakke wat jou koel hou in somer en snoesig op 'n koue dag. Al die eenhede kyk uit oor die dam.

Chalet

Mokolodi Lodge - Gaborone - Double Room

Chalet

Mokolodi Chalet

Camping

The Mokolodi Reservaat het ook kampgeriewe. Die naam "Hidden Valley Campsite" vertel jou iets van die pragtige situasie van die kamp. Jy sal die natuurlike klanke en uitsig oor die bos van die Mokolodi Reservaat kan geniet sonder om te voel dat jy op jou buurman se stoep kampeer. Elke kamplek het sy eie spoeltoilet, wasbak en 'n stort wat onder die sterre is. Drie van die agt kampeerplekke het hulle eie braaiplekke.

Camping Mokolodi lodge
mokolodi shower

Amenities

Daar is verskeie aktivitiete by Mokolodi. Die reservaat is die tuiste van die "Wild Cheetah Transit Station". Hierdie fasiliteit hervestig cheetahs na natuur-reservate as hulle probleem diere geword het in 'n boerdery gebied.

Deur samewerking met hierdie park is die eerste wit renoster hervestig in die Okavango gebied.

Die Mokolodi Natuur-reservaat het ook 'n reptielpark, krokodilpoel, permakultuur tuin en diere-toevlugsoord. Besoekers kan meer leer oor 50 soogdier soorte, 300 voëlsoorte of 'n toer neem saam met 'n professionele gids.

Mokolodi Lodge woodlands kinggfisher
Mokolodi Lodge Hippos